Kleuterskool “ONS EIE” is ‘n tweetalige kleuterskool met Christelike waardes en normes. Ons neem babas vanaf 4 maande en ons kurrikulum strek tot en met graad R (reception year) onderskeidelik in Afrikaans en
Engels. Die “Caps” kurrikulum van die departement word gevolg met bykomende stimulasie. Die meerderheid van die onderwysers is gekwalifiseerd.
Daar is ‘n paar opwindende jaarlikse gebeure. Ons pretloop is ‘n heerlike saamkuier van onderwysers, ouers en kleuters. Die kleuters stap 10 rondtes en almal eet en drink saam. Ons oupa- en oumadag is ‘n spesiale bederfdag vir al ons oupas en oumas. Hier tree al die kleuters op en kuier lekker saam. Ons jaarlikse konsert is sekerlik die hoogtepunt op die skoolkalender vir al ons kleuters en ouers. Elke jaar word ‘n nuwe tema bekendgestel. Lentedag word elke jaar gevier met hoedevertonings, koekverkopings en heerlike speletjies.
Buite-kurrikulêre aktiwiteite word by die skool aangebied naamlik: Ballet, Rekenaarklasse, Kindermuzik, Gimnastiek, A+ Wiskunde, Rugby en Netbal.
“ONS EIE” is een van die min skole wat kinderkinetika aanbied vir al die leerlinge op ‘n weeklikse basis teen geen addisionele koste nie.
Ons tye strek vanaf 7:00 tot 14:00 vir die halfdagkleuters en tot 17:30 vir die voldagkleuters.
Kleuterskool “ONS EIE” is alle skoolvakansies oop, behalwe Desember .